Uitvoerende Opsomming
- Wanneer al die feite en data van beide spesies in ag geneem word, lyk dit baie waarskynlik dat die AminoFix-3000™ en Nitro-15™ behandelings eers mikrobiese grondaktiwiteit binne die plantriwwe gestimuleer het. Dit het weer die mikrobiese biodiversiteit en strukturele voedselkettings versterk wat nodig is vir beter grondgesondheid. Die beduidende toename in erdwurmgetalle dui op ‘n gesonder ekosisteem met genoeg voedsel vir die grondmakrofauna.
- Die verhoogde erdwurmgetalle het weer gelei tot hoë koolstofsiklusse, voedingstofmobilisering en waterinfiltrasie. Saam het dit ‘n grondomgewing geskep waar die plantwortels kon floreer, wat beter siekteonderdrukking en vinniger regenerasie toon.
- Aangesien ons geen duidelike aannames oor opbrengs gedurende hierdie produksieseisoen kon maak nie, stel ons voor dat hierdie proewe op dieselfde blokke herhaal word. Indien geen groot weersgebeurtenisse hierdie keer voorkom nie, behoort die gesonder grondekosisteem en beter wortelgesondheid en -aktiwiteit ‘n groter impak op vrugte-opbrengs en pakkwaliteit te hê.
Lees die volledige artikel