Humefert spesialiseer in innoverende produkte en tegnologieë as deel van ‘n holistiese benadering tot grondgesondheid. Dekgewasse is een gedeelte daarvan, maar trek dikwels swaar weg a.g.v. verdigte gronde en min grondlewe. Terwyl dekgewasse hierdie kondisies verbeter oor tyd, is daar intussen ‘n verlies aan die ekonomiese waarde daarvan.