Die HumeFlo™ oplossing vir ondergrondse verdigting
HumeFlo™ is ’n baanbrekende tegnologie wat ondergrondse verdigting teenwerk deur die behandeling van besproeiingswater.
Ondergrondse verdigting ontstaan wanneer die onderste grondlae saamgepers word en is ’n toenemende probleem vir boere wêreldwyd.
Ondergrondse verdigting
Vir 'n boer kan ondergrondse verdigting baie uitdagings bied:
Uitdagings van ondergrondse verdigting
Opheffing van grondverdigting bevorder:
Wat is die HumeFlo™ oplossing?
HumeFlo™ is ’n unieke waterbehandelingstelsel wat die gebruik van nanoborrels, gevorderde oksidasietegnologie en ’n natuurlike komplekseringsmiddel (MacroPlex™) kombineer.
Die water word behandel deur middel van ’n koue-plasma, fotokatalitiese oksidasieproses wat minerale in besproeiingswater oksideer.
Benewens hierdie oksidasieproses word die water ook met MacroPlex™ behandel—’n organiese komplekseermiddel wat verhoed dat kalsium- en magnesiumkatione weer met anione soos fosfate verbind en sodoende vir plante onbeskikbaar raak.
Voordele van MacroPlex™
Wat van tradisionele metodes om ondergrondse verdigting te verminder?
Tradisionele metodes om ondergrondverdigting te verminder, kan meganies of biologies wees. Alhoewel beide benaderings tot ’n mate effektief is, bied die HumeFlo™-stelsel ’n meer koste effektiewe en volhoubare oplossing
Byvoorbeeld, die enigste meganiese metode om ondergrondse gelaagdheid in rygewasse aan te spreek, is die gebruik van ’n skeurploeg in die plantry (“ridge”). Hierdie metode is duur, lewer slegs tydelike resultate en is onprakties vir permanente gewasse wat naby aan mekaar geplant word, soos wingerde en boorde.
Die biologiese benadering, soos die aanplant van dekgewasse of die gebruik van deklaag, kan ook resultate oplewer, maar dit neem ’n lang tyd om effektief te wees.
Die HumeFlo-oplossing™ kan ondergrondverdigting vinnig en kostedoeltreffend aanspreek, terwyl dit terselfdertyd volhoubaarheid en ekonomiese doeltreffendheid in boerdery ondersteun. Dit verhoog winsgewendheid en bou veerkragtigheid vir toekomstige generasies boere.
Wil jy meer weet oor HumeFlo™
Om meer te leer oor hoe die HumeFlo™-stelsel jou plaas kan bevoordeel, nooi ons jou uit om ons te kontak vir ’n gratis konsultasie. Ons span voorsien jou graag van volledige tegniese inligting oor hierdie hoogs suksesvolle en volhoubare oplossing.
Vir Tegniese datastukke (TDS) en Materiaal veiligheids datastukke (MSDS) oor die spesifieke produkte, kontak asseblief ons hoofkantoor.