Verminder ondergrondse verdigting en stimuleer grondbiologie
Die probleem van ‘n ongesonde grond:
‘n Afname in grondgesondheid, wat uiteindelik kan lei tot verwoestyning, is ‘n wêreldwye verskynsel en ‘n groot uitdaging vir miljoene produsente. Dit behels die vermindering van organiese koolstof (‘humus’) en biologie in die grond, wat kan lei tot die vorming van ondergrondse verdigtingslae.
Hierdie probleem is vernietigend vir beide besproeiings en droëland boere, en lei tot verminderde produksiepotentiaal en winsgewendheid.
Hoe vorm ondergrondse verdigtingslae:
Die uitdagings van lae grondgesondheid
As boer ken jy die vele uitdagings van ‘n ongesonde grond maar te goed:
Is jou plaas se grond uitgeput?
- Gebruik Ca:Mg / NAV / EG waardes op jou grond- en waterontleding om die graad van degradasie te bepaal.
- Gebruik 'n verdigtingsmeter - 'penetrometer' - om verdigtingsvlakke op verskillende dieptes te meet.
- Soek na tekens van waterdeurdrenkte grond en waterafloop.
- ‘n Erdwurmtelling kan grondbiologiese aktiwiteit bevestig.
- Of praat met 'n grondkundige vir 'n plaasbesoek.
Herstel en handhawing van gesonde grond:
Gelukkig kan grondgesondheid maklik en baie doeltreffend herstel en in stand gehou word.
Dit is te danke aan Humefert se innoverende grondbestuursoplossings, wat vinnig en maklik geïmplementeer kan word en meer doeltreffend is as tradisionele metodes om gronduitputting te beperk.
Humefert se gevorderde grondbiologie-tegnologie herstel en handhaaf grondgesondheid deur:
Ondergrondse verdigting te verminder met:
HumeFlo™ besproeiingswater behandelingstelsel,
wat 'n omgewing skep waarin grondlewe kan floreer.
Manna Matrix vir droëlandboerdery, skep'n gunstige omgewing waarin grondlewe kan floreer.
Grondbiologie te stimuleer met:
Humefert se Grondbiostimulante.
Voed die grondmikrobes elke keer as jy bemes.
Humefert se Bio-verrykte Kunsmis.
Voed die grondmikrobes elke keer as jy bemes.
Ontsluit al hierdie voordele vandag op jou plaas
By Humefert spesialiseer ons daarin om boere te help om die uitdagings van verswakte grondgesondheid te oorkom en al die voordele van gesonde grond te benut, van verhooge oesopbrengste en kwaliteit tot veerkragtige en volhoubare boerderye.
Klik hier om een van ons passievolle grondkundiges te kontak en voordeel te trek uit ons kundigheid en gevorderde grondbiologie-tegnologie.